Aangebied deur The Market Theatre in vennootskap met Suidoosterfees; ondersteun deur NATi
Suid-Afrika se nierassige projek kom onder die vergrootglas wanneer vier karakters – prof. Simon Whitehead, sy ‘coloured’ minnares dr. Angela Witten, hul Zimbabwiese kollega prof. Emmanuel Kabwato, en die studenteleier Noluthando Kakaza – met mekaar bots in Mike van Graan se kragtige nuwe drama. Greg Homann, die Markteater se artistieke direkteur, is in die regisseurstoel van dié stuk wat in 2016 afspeel. Zuma is aan bewind, korrupsie vier hoogty en die born frees hou studenteoptogte. Hierdie première lewer striemende kommentaar en stem tot nadenke.