Planning your next event? Click here to list your event now!
Lefra se klugte is reeds `n instelling. Die skreeusnaakse klug, onder regie van Suid-Afrika se eie klugkoning Frans Swart, speel af in `n elegante pels-salon van Bodley, Bodley en Crouch. Gilbert Bodley beplan om `n pragtige jong ontkleedanseres te verlei met behulp van `n peperduur pelsjas. Ongelukkig vir mnr. Bodley, is Janie getroud met Harry McMichael, wat sonder twyfel snuf in die neus sal kry as sy met `n duur jas by die huis opdaag. Harry sien die jas is `n winskoop en besluit om dit eerder vir sy skelmpie, Sue, te koop.
PG 13 N