Planning your next event? Click here to list your event now!
DEBUUT
Kontemporêre musiek
MET Wouter van de Venter en Clinton Waring
Wouter van de Venter met sy rasperstem en verstommende kitaarspel, en Clinton Waring met sy fluweelstem en klavierspel, bied met hierdie musiek-ode ’n intieme openbaring van die mens agter die ikoniese status en die vriendin agter Suid-Afrika se geliefde sangeres Laurika Rauch. Aangrypende nuwe verwerkings van treffers soos “Die gang” en “Op Blouberg se strand” beloof om ’n hoendervel-mooi ervaring te wees en fabelagtige weergawes van onder meer “Toemaar die donker man” en “My ou tante Koba” neem gehore op ’n herinneringsreis wat die hartsnare sal roer.
Afrikaans en Engels • Gesin • 105 min.