Planning your next event? Click here to list your event now!
Eksperimentele drama
’n Toyota US Woordfees-produksie
MET Michele Burgers, Elton Landrew, Ntlanhla Kutu en René Cloete
Monsters is die transkripsie van ’n ondersoek. Twee tienjarige seuns word ondervra ná die verdwyning van die tweejarige James Bulger in 1993. Voor die vertoning begin, trek die akteurs lootjies om te bepaal wie watter rol lees. Dié rolle word om die beurt in ’n voorlesingstyl vertolk, met tekste wat aan die begin van elke toneel onder van die spelers uitgeruil word. Vrywillige gehoorlede word ook betrek om ’n stuk teks op die verhoog voor te lees.
Afrikaans, Engels en Xhosa • Geen o.13 OB, G • 75 min.