Planning your next event? Click here to list your event now!
Kabaret
MET Niël Rademan
Niël Rademan sing Afrikaanse volksmusiek en ballades. Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is. Dit is Afrikaans met ’n internasionale kabaretklub-klank soos lanklaas gehoor. Met klavier, trekklavier en mondfluitjie. Rademan het 20 jaar gelede gedebuteer met herinterpretasies van liedere soos “Sawends” deur Jan Pohl en ook die immergroen “Boereseun” van Danie Bosman. Vanjaar keer hy terug na sy wortels en voeg ’n reeks nuwe liedere, vertalings, sowel as musiek uit sy eie pen hierby. Gestroop is vars en opwindend. Word weggevoer op die maat van swing, die tango, die samba en selfs ’n setees.
Afrikaans • Gesin • 60 min.