Planning your next event? Click here to list your event now!
Kontemporêre musiek
MET Leslie Kleinsmith, Ramon Alexander, Dylan Tabisher en Annemie Nel
Leslie Kleinsmith is ’n gevestigde en geliefde kabaret- en jazzkunstenaar van Distrik Ses in Kaapstad. Nadat hy sy kuns verfyn het deur meesters soos Nat King Cole, Frank Sinatra en Sammy Davis Jr. in sy vroeë jare te bestudeer, het hy uiteindelik ’n gevestigde stem in die Suid-Afrikaanse musieklandskap geword. Hy span kragte saam met bekroonde kontemporêre Kaapse jazzpianis en musikale regisseur Ramon Alexander en sy trio, om musiek te maak en stories te vertel van sy tyd saam met die legendariese pianis Tony Schilder, sy hoofrolle in treffer-musiekblyspele.
Afrikaans en Engels • Gesin • 75