Planning your next event? Click here to list your event now!
Kontemporêre musiek en kabaret
MET André Terblanché en Winand Grundling (klavier) TEKS André Terblanché REGIE André Terblanché en Winand Grundling
André Terblanché is ’n gevestigde akteur, sanger en kabaretkunstenaar wat onlangs opgetree het in David Kramer se Kanna-bekroonde musiekblyspel Ver in die wêreld Kittie. Winand Grundling begelei hom op klavier en saam neem dié twee vriende van 15 jaar die gehoor op ’n musikale reis wat oorspronklike musiek én vertolkings van bestaande treffers soos “Voshaarnooi” en “Meisie sonner sokkies” insluit
Afrikaans • Gesin • 65 min.